ATKV TIENERTONEELFINAAL 2018 (info)


Jong talent vermaak, ontroer en bekoor op die verhoog

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie se doel is om ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders aan te wakker. Die oudste projek van die ATKV bied ’n platform vir talentontwikkeling en is ’n smeltkroes van kreatiwiteit.

Meer as 200 Tienertoneelproduksies van regoor Suid-Afrika en Namibië neem in 2018 deel aan die 54ste ATKV-Tienertoneelkompetisie gedurende 11 streeksfeeste wat aangebied word gedurende Augustus.

Die beste produksies sal deurdring na die ATKV-Tienertoneelfinaal wat plaasvind by die Roodepoort-teater van 1 tot 5 Oktober. Die finaliste word aangekondig op 3 September na afloop van al die streeksfeeste.

Die wenproduksie sal prysgeld van R30 000 en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee ontvang.  Die naaswenner ontvang R20 000 en die toneelgroep wat in die derde plek aangewys word ontvang R10 000. Die beste produksie in die nuwe afdeling vir slegs hoërskoolleerders (produksies waarvan die hele geselskap [die regisseur(s), skrywer(s), spelers en tegniese personeel] almal hoërskoolleerders is), sal ook aangewys word en R10 000 prysgeld ontvang.

Kaartjies hier beskikbaar van Maandag 27 Augustus

 

Besoek gerus die webblad, https://www.atkv.org.za/Kunste/Projekte/Jeugprojekte/Tienertoneel, vir meer inligting.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *