ATKV TIENERTONEEL ROODEPOORT STREEKSFEES


ATKV-TIENERTONEEL ROODEPOORT-STREEKSFEES

JONG TALENT VERMAAK, ONTROER EN BEKOOR OP DIE ATKV-TIENERTONEELVERHOOG

Die ATKV-Tienertoneelkompetisie se doel is om ’n liefde vir toneelskepping in Afrikaans, toneelspel en teater-kyk by hoërskoolleerders aan te wakker. Die oudste projek van die ATKV bied ’n platform vir talentontwikkeling en is ’n smeltkroes van kreatiwiteit.

Meer as 200 Tienertoneelproduksies van regoor Suid-Afrika en Namibië neem in 2018 deel aan die 54ste ATKV-Tienertoneelkompetisie gedurende 11 streeksfeeste wat aangebied word gedurende Augustus.

Tydens die Roodepoort-streeksfees sal 25 toneelgroepe optree vanaf Maandag 6 Augustus tot Vrydag 10 Augustus en Saterdag 11 Augustus sal die top 4 produksies tydens die streeksfeesfinaal meeding om as die wenproduksie van die streeksfees aangewys te word. Toegang vir gehoorlede is absoluut gratis.  Al die aande begin om 16:00.

Die beoordelaars is Cintaine Schutte en Neels van Jaarsveld. Wilhelm van der Walt en prof. Marié-Heleen Coetzee sal Saterdagaand by Neels aansluit as gasbeoordelaars. Cintaine sê élke jaar wat sy die geleentheid kry om te beoordeel, sien sy hope talent, en veral vreesloosheid onder die tieners raak. “Keer op keer is daar van die jong akteurs wat ons professionele akteurs van die verhoog af sal speel,” sê sy. Die temas, inhoud en styl van die produksies wissel beduidend na gelang van die deelnemende skole se spesifieke milieu en die tieners se ervaringswêreld.

Die beste produksies nasionaal sal deurdring na die ATKV-Tienertoneelfinaal wat óók plaasvind by die Roodepoort-teater van 1 tot 5 Oktober. Die finaliste word aangekondig op 3 September na afloop van al die streeksfeeste. Die wenproduksie sal prysgeld van R30 000 en die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee ontvang.  Die naaswenner ontvang R20 000 en die toneelgroep wat in die derde plek aangewys word ontvang R10 000. Die beste produksie in die nuwe afdeling vir slegs hoërskoolleerders (produksies waarvan die hele geselskap [die regisseur(s), skrywer(s), spelers en tegniese personeel] almal hoërskoolleerders is), sal ook aangewys word en R10 000 prysgeld ontvang.

Duration of the Show: 5 productions each evening at 30 – 45 minutes, 10 minutes change over times for each production, 2 breaks of 10 – 15 minutes, judges notes on the plays as well as the prize giving ceremony = approximately 6 hours/360 minutes

Age Restriction: Parental guidance is advised as well as warnings per play found in the programme.

Dress code: Smart casual

For more information contact:

Projekorganiseerder:

Lizané Basson

011 919 9078

lizaneb@atkv.org.za

Besoek gerus die webblad, https://www.atkv.org.za/Kunste/Projekte/Jeugprojekte/Tienertoneel, vir meer inligting.

ATKVPoster Web