ATKV TIENERTONEEL ROODEPOORT STREEKSFEES 2019


Die ATKV-Tienertoneelkompetisie is al vir 55 jaar ’n platform vir talent- en teaterontwikkeling.

Duisende tieners leef jaarliks hul liefde vir die teater uit op die verhoë van ons land se beste teaters.

Die ATKV bied hoërskoolleerders die geleentheid om betrokke te raak by alle aspekte van teater, soos toneelspel, regie, skryf van tekste, kostuums, grimering, dekor, klank, beligting, verhoogbestuur, choreografie, ensomeer.

’n Ware smeltkroes van kreatiwiteit!

2019 is ons grootste jaar nóg!

  • 11 streeksfeeste in Suid-Afrika en een in Namibië.
  • 220 toneelproduksies het ingeskryf.
  • Meer as 50% van die toneelstukke is nuutgeskrewe tekste.
  • Meer as 10% van die produksies word deur slegs leerders op die planke gebring. (Die hoërskoolleerders doen alles – skryf die teks, doen die regie, speel, hanteer die tegniese apekte, ens.)

 

Beleef die Roodepoort-streeksfees by die Roodepoort-teater van 5 tot 8 Augustus.

16 produksies sal optree van Maandag tot Woensdag en Donderdag 8 Augustus sal die top 4 produksies tydens die streeksfeesfinaal meeding om as wenproduksie van die streeksfees aangewys te word.

Toegang vir gehoorlede is absoluut gratis. Elke middag begin die program stiptelik om 16:00. Wees daar!

 

Die beoordelaars is Ira Blanckenberg en dr. André Gerber. Jacques Bessenger en Craig Morris sal Woensdag by André aansluit as gasbeoordelaar.

Die beste produksies nasionaal sal deurdring na die ATKV-Tienertoneelfinaal wat plaasvind by die Adam Small-teater van 23 tot 28 September. Die finaliste word aangekondig op 26 Augustus na afloop van al die streeksfeeste. Die wenproduksie van ATKV-Tienertoneel ontvang R30 000 prysgeld, die ATKV-Tienertoneelwisseltrofee en ’n speelvak tydens KKNK 2020. Die produksie in die tweede plek ontvang R20 000 en in die derde plek ontvang R10 000. Die beste produksie deur slegs leerders ontvang ook R10 000 prysgeld.

Sien asb. aangeheg die program vir die streeksfees.

Versprei dit gerus aan die geselskap, ouers en ondersteuners.

 

Besoek www.atkv.org.za vir meer inligting oor ATKV-Tienertoneel én ander ATKV-projekte.