DIE STRIPSHOW


Timothy Kieswetter is `n bekende Teoloog, Bybel- en Seksualiteitskenner. Dit is `n one-man-show met `n twist. Vir die van julle wat vir Timothy goed ken gaan dit `n groot verrassing wees – daar gaan dele van hom besigtig word, wat nog nooit ontbloot is nie… Maar nie te vrees nie, in hierdie stripshow word daar met woorde, en nie klere gestrip nie. Dit is `n ontbloting van die volstruis-mentaliteit van ons hedendaagse gemeenskap waarin ons lewe. Die gehoor sal `n ontmaskering en ontnugtering van seksuele taboes beleef soos nog nooit tevore. Daar gaan uit die kas (of eerder deur die deur) geklim word om die sluiers te lig van hierdie onbesproke onderwerp.